Goeie more my liewe Graad 11's,
Ek hoop julle eksamen gaan nog goed aan....Ek het vir julle al die "slideshows" opgelaai. Gebruik dit as 'n riglyn wanneer jy voorberei. Maak ook seker dat jy deurlopend na die afbakening verwys.
Indien jy onseker is oor enige iets, kontak my gerus per epos of facebook (ek is dalk bietjie vinniger per epos :-).
Lekker leer!
Groete
Juf de Vos
AHMP Kuns
Welkom
Beste Affies en Ouers,
Baie welkom by die Kuns- "blog". Ek hoop dat hierdie blog 'n oop lyn van kommunikasie sal verseker en ook 'n uitstalspasie sal word vir die leerlinge.
Die "blog" gaan ook gebruik word om belangrike datums, nuusflitse en "slideshows" op te sit.
Vriendelike groete,
Mev. M de Vos

Thursday, November 15, 2012
Wednesday, August 15, 2012
Kuns "Facebook" Bladsy
Goeie middag Affies,
Ek het baie lank gelede 'n "post" opgesit. Ek hoop jul kan die "slideshows" aflaai. Indien julle in kontak met my wil tree dan kan julle vir my 'n epos stuur na mariaandebeer@hotmail.com.
Gaan besoek ook ons "Facebook"-bladsy om te sien wat in die Kunsklas aangaan.
Baie dankie vir julle harde werk!
Groete Juf de Vos

Thursday, January 19, 2012
Welkom 2012!
Beste Affies,
Baie welkom terug! Hoop julle het lekker gerus en is reg vir die jaar wat voorle! Mag jy al jou doelwitte die jaar bereik!
Vriendelike groete
Juf de Vos
Baie welkom terug! Hoop julle het lekker gerus en is reg vir die jaar wat voorle! Mag jy al jou doelwitte die jaar bereik!
Vriendelike groete
Juf de Vos
Wednesday, October 12, 2011
Deposito's en vergadering!
Geagte Ouers
Die inskrywings vir ons toer lyk goed en ons hoop om teen Vrydag ons eerste inbetaling aan die reisagent te kan maak. Om dit te kan doen, moet u asb. vandag of môre die deposito van R3 500.00 by die skool se rekening, met verwysing FRANSE/KULTUURTOER inbetaal. Vir inbetalings by die kantoor is die rekeningnommer 1468/000.
Ek sal die finansies van die toer hanteer, indien daar enige navrae is, moet asb nie huiwer om my te kontak nie.
Dit is Vrydag 14 Oktober kerkafsluiting. Ek sal u laat weet as ons moontlik net na kerkafsluiting ons vergadering met die reisagent kan hou. Dit sal u die moeite spaar om terug te kom skool toe later die dag.
Vriendelike groete
Mariaan de Vos
Wednesday, September 28, 2011
KULTUUR TOER!
Geagte Ouers
Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat die Kultuurtoer na Frankryk in beginsel goedgekeur is. Die beheerliggaam sal dit tydens die Algemene Jaarvergadering aan die ouers van die skool verklaar.
Die reisagent het ‘n prys van R26 500.00 vasgestel. Ons het baie hard probeer om onder R25 000.00 te bly, maar lughawe belasting is al amper R4000.00. Die genoemde bedrag sluit alles behalwe sakgeld in. Om koste vas te pen, is dit beter om sou gou as moontlik die volledige bedrag te betaal sodat ons teen huidige pryse besprekings (vlugte, verblyf, besoeke) kan doen.
Die reisagent is Micasa Toere en het die volgende betalingskedule gevra:
Eerste betaling: R 3 500.00 op die laatste 15 Oktober 2011
Tweede betaling: R23 000.00 Op die laatste 31 Maart 2012
Die reisagent kan met ons op 14 Oktober om 17:30 in die personeelkamer vergader. Ek sal egter u graag intussen wil ontmoet en vrae wat u het, wil beantwoord. Die tyd is so beperk. Ek sal môre oggend tussen 7:30 en 8:45 in kamer 16 beskikbaar wees, asook net na skool en ook Vrydagoggend tussen 7:30 en 08:15. Ek is ook die hele vakansie in Pretoria as u ‘n ander afspraak met my wil maak.
Ons sal baie dankbaar wees vir enige voorstelle vir fondsinsamelings. Dit kan ongelukkig nie verkopings by die skool wees nie.
Hoewel toere ‘n verrykende ervaring vir leerders is, is dit ‘n baie duur aktiwiteit en hoef u geensins verplig te voel om u dogter saam te stuur nie. Ons kan slegs leerders wie se skoolfonds en koshuisgeld volledig betaal is, toelaat om saam te gaan. Ons vra u dus om slegs in te stem om u dogter vir die toer in te skryf as u finansieel u weg oopsien. Omdat ons met groeptariewe werk, kan ons nie onttrekkings toelaat nie, anders eskaleer die koste per persoon.
Ek sien daarna uit om u te ontmoet, maar u kan my ook per e-pos kontak.
Vriendelike groete.
Mientjie Carbonell
Departement Frans
Sunday, September 4, 2011
Akromatiese Skildery Graad 10
Beste Graad 10's
Ek wil dit graag onder julle aandag bring dat julle skilderye Donderdag die 8ste September ingehandig moet word. Bring asseblief deur die loop van die week julle skilderye saam skooltoe indien julle probleme ervaar sodat ek julle kan help.

Wednesday, July 27, 2011
Graad 10 Kwartaal 3 Toets
Beste Affies,
Ek is jammer dat ek die afgelope twee dae afwesig was. Ek wil jul graag gerustel dat ek more terug sal wees.
Julle Kwartaal 3 toets bly onveranderd. Maak seker dat julle die formaat ken van 'n goeie kuns langvraag sowel as die nodige kennis het van Griekse Kuns. Onthou die verskillende Griekse tydperke met die stylkenmerke en kunswerke is die belangrikste.
Baie sterkte met julle voorbereiding.
Groete
Juf. de Vos

Subscribe to:
Posts (Atom)