Geagte Ouers
Die inskrywings vir ons toer lyk goed en ons hoop om teen Vrydag ons eerste inbetaling aan die reisagent te kan maak. Om dit te kan doen, moet u asb. vandag of môre die deposito van R3 500.00 by die skool se rekening, met verwysing FRANSE/KULTUURTOER inbetaal. Vir inbetalings by die kantoor is die rekeningnommer 1468/000.
Ek sal die finansies van die toer hanteer, indien daar enige navrae is, moet asb nie huiwer om my te kontak nie.
Dit is Vrydag 14 Oktober kerkafsluiting. Ek sal u laat weet as ons moontlik net na kerkafsluiting ons vergadering met die reisagent kan hou. Dit sal u die moeite spaar om terug te kom skool toe later die dag.
Vriendelike groete
Mariaan de Vos