Welkom

Beste Affies en Ouers,

Baie welkom by die Kuns- "blog". Ek hoop dat hierdie blog 'n oop lyn van kommunikasie sal verseker en ook 'n uitstalspasie sal word vir die leerlinge.

Die "blog" gaan ook gebruik word om belangrike datums, nuusflitse en "slideshows" op te sit.

Vriendelike groete,

Mev. M de Vos

Wednesday, October 12, 2011

Deposito's en vergadering!

Geagte Ouers

Die inskrywings vir ons toer lyk goed en ons hoop om teen Vrydag ons eerste inbetaling aan die reisagent te kan maak.  Om dit te kan doen, moet u asb. vandag of môre die deposito van R3 500.00 by die skool se rekening, met verwysing FRANSE/KULTUURTOER inbetaal.  Vir inbetalings by die kantoor is die rekeningnommer 1468/000.

Ek sal die finansies van die toer hanteer, indien daar enige navrae is, moet asb nie huiwer om my te kontak nie.

Dit is Vrydag 14 Oktober kerkafsluiting.  Ek sal u laat weet as ons moontlik net na kerkafsluiting ons vergadering met die reisagent kan hou.  Dit sal u die moeite spaar om terug te kom skool toe later die dag.

Vriendelike groete

Mariaan de Vos

Wednesday, September 28, 2011

KULTUUR TOER!

Geagte Ouers

Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat die Kultuurtoer na Frankryk in beginsel goedgekeur is.  Die beheerliggaam sal dit tydens die Algemene Jaarvergadering aan die ouers van die skool verklaar.
Die reisagent het ‘n prys van R26 500.00 vasgestel.  Ons het baie hard probeer om onder R25 000.00 te bly, maar lughawe belasting is al amper R4000.00.  Die genoemde bedrag sluit alles behalwe sakgeld in.  Om koste vas te pen, is dit beter om sou gou as moontlik die volledige bedrag te betaal sodat ons teen huidige pryse besprekings (vlugte, verblyf, besoeke) kan doen.
Die reisagent is Micasa Toere en het die volgende betalingskedule gevra:
Eerste betaling:                R 3 500.00            op die laatste 15 Oktober 2011
Tweede betaling:             R23 000.00           Op die laatste 31 Maart 2012

Die reisagent kan met ons op 14 Oktober om 17:30 in die personeelkamer vergader. Ek sal egter u graag intussen wil ontmoet en vrae wat u het, wil beantwoord.  Die tyd is so beperk.  Ek sal môre oggend tussen 7:30 en 8:45 in kamer 16 beskikbaar wees, asook net na skool en ook Vrydagoggend tussen 7:30 en 08:15.  Ek is ook die hele vakansie in Pretoria as u ‘n ander afspraak met my wil maak.
Ons sal baie dankbaar wees vir enige voorstelle vir fondsinsamelings.  Dit kan ongelukkig nie verkopings by die skool wees nie.
Hoewel toere ‘n verrykende ervaring vir leerders is, is dit ‘n baie duur aktiwiteit en hoef u geensins verplig te voel om u dogter saam te stuur nie.  Ons kan slegs leerders wie se skoolfonds en koshuisgeld volledig betaal is, toelaat om saam te gaan.  Ons vra u dus om slegs in te stem om u dogter vir die toer in te skryf as u finansieel u weg oopsien.  Omdat ons met groeptariewe werk, kan ons nie onttrekkings toelaat nie, anders eskaleer die koste per persoon.
Ek sien daarna uit om u te ontmoet, maar u kan my ook  per e-pos kontak.

Vriendelike groete.
Mientjie Carbonell
Departement Frans

Sunday, September 4, 2011

Akromatiese Skildery Graad 10

Beste Graad 10's

Ek wil dit graag onder julle aandag bring dat julle skilderye Donderdag die 8ste September ingehandig moet word. Bring asseblief deur die loop van die week julle skilderye saam skooltoe indien julle probleme ervaar sodat ek julle kan help.

Vriendelike groete

Juf de Vos

Wednesday, July 27, 2011

Graad 10 Kwartaal 3 Toets

Beste Affies,

Ek is jammer dat ek die afgelope twee dae afwesig was. Ek wil jul graag gerustel dat ek more terug sal wees.

Julle Kwartaal 3 toets bly onveranderd. Maak seker dat julle die formaat ken van 'n goeie kuns langvraag sowel as die nodige kennis het van Griekse Kuns. Onthou die verskillende Griekse tydperke met die stylkenmerke en kunswerke is die belangrikste.

Baie sterkte met julle voorbereiding.

Groete

Juf. de Vos

Wednesday, June 1, 2011

Graad 10 Prakties!

Alle self-portrette moet asseblief Vrydag ingehandig word. Kom maak by my 'n draai sodat ek jou kan help om jou werk nog te verbeter.

Groete
Juf. de Vos

Eksamen!!

Graad 9 Eksamen afbakening...

lVraag 1- Pas Kolom A by B- 20punte
lLeer die Kuns en Dans woordeskat
lVraag 2- Dans Agtergrond- 26 punte
lVraag 3- Ballet, Ballroom & Hip-Hop- 14punte
lVraag 4- Kuns Elemente en Ontwerp Beginsels- 30 punte
l
 
Graad 10 Eksamen afbakening...
Leer die volgende:

n      Kuns Analise NB!- 25punte
n      Egiptiese Kuns- 15punte
o       Belangrik om te weet hoe hulle komposisies saamgestel was.
o       Hulle gode.
o       Die rol van die Ka.
n      Griekse Kuns- Leer als, behalwe die tabelle met al die gode ens.-36Punte
n      Clementina van der Walt-Leer als-9punte
n      Romeinse Kuns- Leer als-10punte
n      Post-Modernisme- Leer als-10punte
o       Palace NB!

Baie sterkte, ek sien julle wen!!!

Groete

Juf. de Vos
Vraag 5- Kreatiwiteitsoefening- 10punte

Tuesday, April 12, 2011

Kwartaal 2!!!

Beste Affies,

Welkom terug na die vakansie! Ek is seker daarvan dat die kwartaal net nog meer opwindend sal wees as die vorige een....

Hier is solank die basiese uitleg vir die projekte vir die tweede kwartaal.

Graad 9- Julle behandel dans die kwartaal. Jou eerste opdrag is om navorsing te doen oor 'n spesifieke dansstyl. Daarna gaan jy in jou groep 'n dans beplan en hom dan opvoer! Onthou: "You are only limitted by your own imagination".

Graad 10- Hierdie kwartaal word julle jaarlikse tema van "Me, myself & I" tot 'n nuwe vlak geneem. Julle gaan self-portrette van die lewe af teken. Jy word dan jou eie navorsing! Onthou om bietjie te gaan kyk na Chuck Close se skilderye! Hy is die vader van Super-realisme, en dit is waarna jy streef in jou selfportret....

Ek wil elkeen van julle baie sterkte toewens vir die nuwe kwartaal, ek sien jou wen!

Vriendelike groete

Mev. de Vos

Thursday, March 17, 2011

Graad 11 Ontwerp 8ste vak kwartaal toets

Beste Graad 11 dogters,

Die afbakening vir die Kwartaal toets is as volg:
- Wat is Ontwerp en Geskiedenis van Grafiese Ontwerp (25 punte)
   - Los Morris uit.
   - Som 60s, 70s ens. op.
- Tipografie (15 punte)
   - Definisie is NB!
   - Drie kategoriee. NB!
- Ontwerpelemente- en beginsels (20 punte)- Leer als!

Die toets tel 60 punte! Julle skryf Woensdag 2-3 in my klas.

Lekker leer!

Vriendelike groete

Mev M de Vos

Kwartaal 1 kom tot 'n einde!!!

Beste Affies,

Ek kan nie glo dat die eerste kwartaal al amper verby is nie! Baie dankie vir 'n wonderlike eerste kwartaal, ek sien uit na die res van die jaar! Vind asseblief onderstaande belangrike datums voor die kwartaal eindig.

Graad 9s- Julle moet julle fantasie kultuur aanbied sowel as julle maskers en boeke word geassesseer. Baie geluk met julle goeie uitslae in die kwartaal toets!

Graad 10s- Julle praktiese projek moet die 18de Maart klaar wees. Ons sal dan die montering en die "krit" in die klas voltooi. Baie dankie vir al julle harde werk, ek sien julle wen!

Sterkte met die laaste paar dae voor die skool sluit, julle kan dit doen!

Vriendelike groete,

Mev. M de Vos

Monday, February 28, 2011

Graad 10 Kwartaal 1 toets!

Betse Affies,

Julle skryf die 10de Maart julle eerste kwartaal toets vir Visuele Kuns.

Leer die volgende:
  • Kuns Analise (20 punte)
  • Terminologie (5 punte)
  • Pre- Historiese Kuns (20 punte)
  • San Kuns (5 punte)

TOTAAL 50 punte
TYD: 60 minute
Struktuur van die toets:
Vraag 1- Pas kolom A by B
Vraag 2- Kuns Analise
Vraag 3- Pre- Historiese Kuns
Vraag 4- San Kuns

Leer hard, elkeen van julle het die potensiaal om goed te presteer!

Groete

Mev.M de Vos

Wednesday, February 16, 2011

Kwartaal 1- Nuusflits

Beste Affies,

Ek wil graag die geleentheid gebruik om die volgende onder julle aandag te bring.

Eerstens, raak asseblief "followers" van die "blog".

Tweedens, maak seker jy laai die "slideshows" af wat op jou betrekking het. Dit is waardevolle hulpmiddels vir toetse en eksamens. Let wel dit is HULPMIDDELS.

Derdens, let asseblief op die volgende:

Graad 9s- Julle begin nou julle maskers maak. Bring asseblief julle gereedskap en materiale klas toe. Dit is belangrik om in die klas te werk. Onthou jy moet bewyse kan lewer dat dit jou werk is.

Julle skryf die 10de Maart kwartaal toets- leer asseblief al die notas wat aan julle gegee is. Die klasbesprekings vorm 'n belangrike deel van die toets (hoop julle het opgelet).

Graad 10s- Julle skryf die 10de Maart kwartaal toets. Julle skryf oor Kunswerk Analise, Kuns Terminologie en Pre-Historiese Kuns.

Julle eerste Ikooontekening moet die 25ste Februarie ingehandig word.

Laastens, hou asseblief die "blog" dop vir die nuutste datums en hulpbronne!

Vriendelike groete

Mev.M de Vos

Sunday, January 30, 2011

"Slideshows"

Beste Affies,

Ek beplan om deurlopend al die nuutste "slideshows" vir julle op die "blog" beskikbaar te stel, julle kan dit sodoende dan aflaai en dit as aanvulling gebruik tydens toetse en eksamens.

Onthou die "slideshows" is slegs 'n hulpmiddel en vervang nie die notas wat aan julle gegee word nie.

Ek hoop dat die blog sal bydra tot julle akademiese sukses. Onthou om so gou as moontlik "followers" te raak van die "blog" sodat julle al die nuusflitse kan ontvang.

Vriendelike groete

Mev. M de Vos

Sunday, January 23, 2011

Welkom

Beste Affies en Ouers,

Baie welkom by die Graad 10 Kuns-"blog". Ek hoop dat hierdie 'n oop lyn van kommunikasie sal verseker sowel as 'n uitstalspasie vir die beste kunswerke sal word. Die "blog" gaan ook gebruik word om belangrike datums en gebeurtenisse aan julle te kommunikeer.

Word asseblief "followers" van die "blog" sodat indien daar enige nuwe boodskappe opgesit word, julle dit per e-pos sal ontvang.

By voorbaat baie dankie.

Vriendelike Groete

Mev M de Vos