Welkom

Beste Affies en Ouers,

Baie welkom by die Kuns- "blog". Ek hoop dat hierdie blog 'n oop lyn van kommunikasie sal verseker en ook 'n uitstalspasie sal word vir die leerlinge.

Die "blog" gaan ook gebruik word om belangrike datums, nuusflitse en "slideshows" op te sit.

Vriendelike groete,

Mev. M de Vos

Wednesday, September 28, 2011

KULTUUR TOER!

Geagte Ouers

Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat die Kultuurtoer na Frankryk in beginsel goedgekeur is.  Die beheerliggaam sal dit tydens die Algemene Jaarvergadering aan die ouers van die skool verklaar.
Die reisagent het ‘n prys van R26 500.00 vasgestel.  Ons het baie hard probeer om onder R25 000.00 te bly, maar lughawe belasting is al amper R4000.00.  Die genoemde bedrag sluit alles behalwe sakgeld in.  Om koste vas te pen, is dit beter om sou gou as moontlik die volledige bedrag te betaal sodat ons teen huidige pryse besprekings (vlugte, verblyf, besoeke) kan doen.
Die reisagent is Micasa Toere en het die volgende betalingskedule gevra:
Eerste betaling:                R 3 500.00            op die laatste 15 Oktober 2011
Tweede betaling:             R23 000.00           Op die laatste 31 Maart 2012

Die reisagent kan met ons op 14 Oktober om 17:30 in die personeelkamer vergader. Ek sal egter u graag intussen wil ontmoet en vrae wat u het, wil beantwoord.  Die tyd is so beperk.  Ek sal môre oggend tussen 7:30 en 8:45 in kamer 16 beskikbaar wees, asook net na skool en ook Vrydagoggend tussen 7:30 en 08:15.  Ek is ook die hele vakansie in Pretoria as u ‘n ander afspraak met my wil maak.
Ons sal baie dankbaar wees vir enige voorstelle vir fondsinsamelings.  Dit kan ongelukkig nie verkopings by die skool wees nie.
Hoewel toere ‘n verrykende ervaring vir leerders is, is dit ‘n baie duur aktiwiteit en hoef u geensins verplig te voel om u dogter saam te stuur nie.  Ons kan slegs leerders wie se skoolfonds en koshuisgeld volledig betaal is, toelaat om saam te gaan.  Ons vra u dus om slegs in te stem om u dogter vir die toer in te skryf as u finansieel u weg oopsien.  Omdat ons met groeptariewe werk, kan ons nie onttrekkings toelaat nie, anders eskaleer die koste per persoon.
Ek sien daarna uit om u te ontmoet, maar u kan my ook  per e-pos kontak.

Vriendelike groete.
Mientjie Carbonell
Departement Frans

No comments:

Post a Comment